Ons kom elke Sondag oggend om 09H00 bymekaar om as gelowiges saam die Here te dank, Hom te prys en lekker saam te kuier. Indien dit ook jou behoefte is en jy nie 'n plek het waar jy aanbid nie, is jy baie welkom! Ook as jy die Here soek in jou lewe, kom maak 'n draai. Die boodskappe word ook elke Sondag op Facebook uitgesaai.
Hand. 2:38 "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot die vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang".
Levitikus 26:3-4
"As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reên gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra."
Dien die Here met oorgawe en beleef 'n oorvloedige oes in jou lewe hierdie jaar.
Mattheus 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Om ware dissipels van Jesus te wees. Dat elke lidmaat in ‘n lewende verhouding met Jesus sal wees en daardeur ander help om ook Jesus te ontmoet.
Om soos Jesus te wees.
Johannes 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Liefde wat prakties uitgeleef word.
Handelinge 2:46 “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,” Sorg vind plaas deur betrokke te raak by ‘n Selbyeenkoms en dan word daar as geheel fees gevier in die eredienste.


Kom geniet saam met ons die teenwoordigheid van die Here en die getuienis van God se liefde, genade en wonders in Sy kinders se lewens.
Sondagoggend: 09h00
Finansiële bydraes kan gemaak word deur middel van 'n EFT.
Bankbesonderhede:
Rekening naam: VEK PE Noord Kerkraad
Takkode: 632005
Tjekrekening: 1400940815
Bank: ABSA
Kempston Weg tak
Wat doen jy op 'n Vrydagaand? Die beste plek om te wees is by ons jeug byeenkoms. Ons leer van die Here, loof Hom uitbundig en speel ons moeg. Sien jou daar, 19h00.

Ek wil dans voor die HERE, ek wil huppel as ek loop, my voete tik die ritme en my hart is vol hoop, my hande klap saam en ek sing God se Woord...
As u ritme het, n stippel in jou huppel of n huppel in jou stippel het, kan u enige tyd inloer en kyk of hierdie dansding vir jou is. Jy hoef nie 'n professioneel te wees nie, jy moet net lus wees om vir die HERE te dans, soos koning Dawid.
Bly op hoogte van die nuutste gebeure, fotos en videos deur ons Facebook blad te Like.
Wil jy 'n nuwe lidmaat word of sommer net jou geestelike lewe verryk? Vind uit wanneer die volgende E-Kursus aangebied word
E1 Kursus: Toerusting vir nuwe lidmate.
E2 Kursus: Geestelike oorwinning.
E3 Kursus: Die drie kleure van bediening.
E4 Kursus: Evangelisasie - Toerusting vir selleiers.
Psalm 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Ons preek boodskappe word elke Sondag oggend lewendig uitgesaai op Facebook. Jy kan ook na die tyd die boodskap luister. Ons sal jou egter baie graag eerder wil sien in ons erediens. Jy is baie welkom!
Het jy gebed nodig? Daar is gelowiges wat vir jou wil bid.
Kontak:
Tel: 0414526637 - Sel: 0762632575
Psalm 40:1-2
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor
Vind uit waar die naaste selgroep aan jou huis is en skakel in. Die materiaal vir elke week se byeenkoms is by die onderskeie selleiers beskikbaar.
