Ons hou weer kerk, en dit is wonderlik om weer as gelowiges bymekaar te kom, al sien ons mekaar net van agter ons gesig maskers. Kom gerus Sondag oggende, ons volg die “Covid” reëls. Die Here is goed, loof Sy Naam!
Handelinge 1: 11
Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
Sondag 19 Junie
V adersdag is ‘n spesiale dag op ons Kalender. Al die pa’s en oupas word uitgenooi na die diens om seën te ontvang uit die hand van ons Hemelse Vader.
Aan Pappa:
Pappa, jou arms is die van skuiling wat my gerus stel dat alles beter sal wees.
Jou hande is die troos wat my oplig as ek te kort skiet.
Jou stem maak my sterk en wys my die verskil tussen verkeerd en reg.
Jou glimlag sê dit alles in ‘n neutedop.
Mattheus 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Om ware dissipels van Jesus te wees. Dat elke lidmaat in ‘n lewende verhouding met Jesus sal wees en daardeur ander help om ook Jesus te ontmoet.
Om soos Jesus te wees.
Johannes 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Liefde wat prakties uitgeleef word.
Handelinge 2:46 “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,” Sorg vind plaas deur betrokke te raak by ‘n Selbyeenkoms en dan word daar as geheel fees gevier in die eredienste.
Kom geniet saam met ons die teenwoordigheid van die Here en die getuienis van God se liefde, genade en wonders in Sy kinders se lewens.
Sondagoggend: 09h00
Sondagaand: 18h00
Finansiële bydraes kan gemaak word deur middel van 'n EFT.
Bankbesonderhede:
Rekening naam: VEK PE Noord Kerkraad
Takkode: 632005
Tjekrekening: 1400940815
Bank: ABSA
Kempston Weg tak
Wat doen jy op 'n Vrydagaand? Die beste plek om te wees is by ons jeug byeenkoms. Ons leer van die Here, loof Hom uitbundig en speel ons moeg. Sien jou daar, 19h00.
Ek wil dans voor die HERE, ek wil huppel as ek loop, my voete tik die ritme en my hart is vol hoop, my hande klap saam en ek sing God se Woord...
As u ritme het, n stippel in jou huppel of n huppel in jou stippel het, kan u enige tyd inloer en kyk of hierdie dansding vir jou is. Jy hoef nie 'n professioneel te wees nie, jy moet net lus wees om vir die HERE te dans, soos koning Dawid.
Bly op hoogte van die nuutste gebeure, fotos en videos deur ons Facebook blad te Like.
Wil jy 'n nuwe lidmaat word of sommer net jou geestelike lewe verryk? Vind uit wanneer die volgende E-Kursus aangebied word
E1 Kursus: Toerusting vir nuwe lidmate.
E2 Kursus: Geestelike oorwinning.
E3 Kursus: Die drie kleure van bediening.
E4 Kursus: Evangelisasie - Toerusting vir selleiers.
Psalm 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Het jy gebed nodig? Daar is gelowiges wat vir jou wil bid.
Kontak:
Tel: 0414526637 - Sel: 0762632575
Psalm 40:1-2
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor